| |  |  |
Spears kap terug teen SA Rugby voor hofsaak NORMAN SILKE 05/07/2006 10:58:30
PM - (SA) PORT ELIZABETH. - Minder as twee weke bly oor voordat die
Southern Spears en SA Rugby mekaar in die Kaapse hooggeregshof pak en dit lyk
of nie een van die partye gaan terugstaan nie. Die Spears het verlede maand
n dringende aansoek om toelating tot vanjaar se Curriebeker-, sowel as 2007
en 2008 se Super14-reeks gebring, maar die hofsaak is tot 20 Julie uitgestel. Volgens
dié Suidoos-Kaapse franchise het die presidentsraad van die Suid-Afrikaanse
Rugbyunie (Saru) op 8 Junie verlede jaar n gewaarborgde plek in dié
twee reekse aan die span beloof. Dit is ook op 2 Desember verlede jaar deur
SA Rugby se direksie bekragtig. SA Rugby het op 28 Junie antwoordende verklarings
op die Spears se hofaansoek ingelewer. Die Burger is in die besit van die Spears
se antwoordende dokumente, wat gister by die hof ingedien is. Luidens dié
dokumente doen SA Rugby sy eie saak groot skade aan met die beëdigde
verklarings wat verlede week deur hom ingedien is. SA Rugby se dokumente toon
glo dat n maksimum bedrag van R3 miljoen vanjaar aan die Spears gegee sou
word om die franchise aan die gang te kry. Aan die Spears se dokumente is n
memorandum geheg wat op 3 November verlede jaar aan SA Rugby se direkteurs voorgelê
is deur mnr. Basil Haddad, SA Rugby se finansiële direkteur. In die memorandum
verwys Haddad glo daarna dat minstens R3 miljoen aan die Spears gegee moet word
vir die franchise se vestigingskoste. Enige ander inkomste sou uit borgskappe
kom. Volgens die Spears se dokumente bevat SA Rugby se verklarings in antwoord
ook n beëdigde verklaring van mnr. George Rautenbach, Megapro
Marketing se uitvoerende hoof, waarin dit vervat word dat mnr. Tony McKeever,
uitvoerende hoof van die Spears, verlede jaar n borgskap van R8,5 miljoen
van SAA van die hand gewys het. Die Spears se hofdokumente bevat ook e-pos
tussen McKeever en SAA, waarin die lugdiens enige kennis van só n
borgskap ontken. Die franchise poog selfs om beantwoordende verklarings, wat
SA Rugby ingelewer het na aanleiding van n saak wat deur Griekwas teen die
nasionale liggaam gemaak is, teen hom te gebruik. Griekwas is aanvanklik uit
die Curriebekerreeks gelaat en het op 27 Februarie aansoek gedoen om toelating
tot die reeks. Op 18 April het SA Rugby glo geantwoord dat dit te laat is om
die Curriebeker-reeks (wat in dié tyd steeds die Spears ingesluit het)
te verander, aangesien dit n grootskaalse negatiewe impak op die ander spanne
se spelers, borge en toeskouers sal hê. Volgens die Spears se regspan
het SA Rugby vyf weke later, op 25 Mei, dié verklaring weerspreek en die
Griekwas, ten koste van die Spears, in die Curriebeker-reeks geplaas. Albei
regspanne moet hul argumentshoofde teen 14 Julie by die hof inlewer.
|  |  | 
| |
| | | Super
14 Log |
| Super 14 Table |
| Team |
P | W |
L | D |
Bp | Ttl |
| |
13 | 11 |
1 | 1 |
5 | 51 |
| |
13 | 10 |
3 | 0 |
7 | 47 |
| Waratahs |
13 | 9 |
4 | 0 |
9 | 45 |
| |
13 | 7 |
5 | 1 |
8 | 38 |
| |
13 | 7 |
6 | 0 |
10 | 38 |
| |
13 | 8 |
4 | 1 |
4 | 38 |
| |
13 | 7 |
5 | 1 |
6 | 36 |
| |
13 | 6 |
7 | 0 |
2 | 29 |
| |
13 | 6 |
7 | 0 |
1 | 27 |
| |
13 | 5 |
8 | 0 |
7 | 27 |
| |
13 | 4 |
8 | 1 |
5 | 23 |
| |
13 | 4 |
9 | 0 |
6 | 22 |
| |
13 | 2 |
10 | 1 |
5 | 15 |
| |
13 | 1 |
10 | 2 |
4 | 12 |
| | | |